051 410 0967   E-mail Us  
Braunvieh News 2014

Braunvieh News for 2014

Dear Braunvieh Member and Braunvieh Friends

5 December 2014

The Office will close now and re-open on 5 January 2015.
For urgent matters please kindly contact Mr Chris Els at chris@studbook.co.za or 0514100900 until 12 December after which the Secretariat will close.
Christmas wishes

Braunvieh Christmas Wishes 2014



Braunvieh SA December 2014 Newsletter

2 December 2014

Hierdie aangehegte Nuusbrief is tans by die drukkers en sal op 5 Januarie gepos word aan twee jaar se kopers en aan al die lede.
Stuur gerus name en addresse van belangstellendes en voornemende kopers na die Kantoor sodat die Nuusbrief ook aan hul gepos kan word.
Kantoor: braunviehsa@studbook.co.za faks 0867689669

Kliek hier om die nuusbrief af te laai



Die Ideale Tipe Bul vir die Ras

2 December 2014

Tydens ons Bosberaad 22 November 2014 was dit eenparig besluit dat dit die tipe is waarvoor ons gaan

Braunvieh Ideale Bul

70% Vleis en 30% Melk - Aanvaarbaar

Braunvieh Ideale Bul

60% Vleis en 40% Melk - Die Ideale Dubbeldoel Bul
Die tipe bul is wat ons as Genootskap sterk promoveer en sal goed doen in enige stoet en kommersiele kudde.



Braunvieh Bosberaad

2 December 2014

Braunvieh SA hou 'n baie suksesvolle bosberaad te Brandford by die Grasslands safari Lodge. Om die huidige stand en die pad vorentoe van die ras te bepaal. Daar is baie lekker gesels oor die ras en die organisasie en almal was dit eens dat ons met 'n wonderlike ras boer met ver meer positiewe einskappe as die negatiewe. Daar is besluit om met die positiewe te werk en baie gedagtes is gewissel. Verskeie werkgroepe is ook byeengeroep om die raad met spesifieke sake by te staan.
 Die belangrikste seker was die lekker kuier tydens die dae. Telers en belangstellendes het mekaar opnuut weer gevind en bande gebou. Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.
 Daar is besluit om vroeg in 2015 weer bymekaar te kom en terugvoering te gee. Telers moet dit nie mis nie, volledige inligting sal bekend gemaak word.
-Gawie Naudé



Braunvieh SA Lid Pieter Graaff koop Lammerskraal

24 November 2014

Kliek hier vir verdere inligting



Inbelsentrum Boere

10 November 2014

'n Inbelsentrum vir boere is nou in werking. Lees asseblief aangehegde inligtingstuk.
Kliek hier vir verdere inligting of gaan na www.labourhelp.co.za



Braunvieh Genootskap: Mnr Mark Sephton oorlede

30 October 2014

Geagte Braunvieh SA Lede
 Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat een van ons ou telers van die Pitlochrie stoet mnr Mark Sephton op 18 Oktober oorlede is in Gonubie en op 1 November op die plaas Faskally begrawe word.
 Attached is picture of my dad. Mark Humphrey Sephton
 His history: Born on 10/5/1932 so is now 82 years old.
 Farmed at Faskally until 2000 and then retired to Gonubie
 Ran, Brown Swiss stud with Paul Raymond Sephton his brother till the late '80s. Sephton Brothers

Mark Sephton



Braunvieh Genootskap: mnr Willie du Plessis Vaaldu Stoet

30 October 2014

Geagte lede van die Braunvieh genootskap en vriende,
 Ons het gister die tragiese nuus ontvang dat daar kanker in die brein met uitsaaiings in die longe en lewer by oom Willie du Plessis gediagnoseer is. Hy is op die oomblik in die hospitaal in Kimberley.
 Ons vra julle voorbidding vir die Du Plessis familie wat ons almal se gebede en emosionele ondersteuning baie nodig het.



Braunvie Nasionale Veiling 2014

20 Oktober 2014

'n Baie suksessvolle inligtingsdag en veiling is op 24 en 25 September 2014 by die GWK Kompleks te Kimberley gehou.
Tydens die inligtingsdag het die volgende sprekers baie leersame inligting met ons gedeel:
Mnr. Joël Herold van Voermol, Mnr. Paul van den Berg, Streeksbestuurder Landbou, Vrystaat en Noordkaap van FNB, Dr. Macdonald Gayakaya, state veterian, Kimberley. Mnr Willem Heffer en Herman Labuschagne van Stamboek. Die middag was daar demonstrasies oor pelvis meting deur Dr. Bester-Cloete en Mnre Hans Bester en Gawie Naudé het praktiese demonstrasie van 'n bul en koei gegee.
Disdagaand is daar heerlik gekuier, dankie aan Christopher, Hans en Sampievir die borg van die aand. Woensdag het GWK 'n braaiaand geborg waar almal dit terdee geniet het.
Die Veiling was goed verteenwoordig en diere van uitstaande gehalte is aangebied. Aurora Braunvieh stoet van Namibia bied ook twee bulle aan. Eduan Boerdery van Barkly Oos verkoop die duurste bul, Eduan Jafta's Milord, vir R51 000 aan Mnr. Dick David van Maclear. Eduan Boerdery verkoop ook die duurste oop vers, Eduan Jafta's Meisie, aan Mnr. Hampie van Zyl van Olifantshoek.
Die gemiddelde prys van bulle was R31 667.00 en vroulike diere R12 547.62
Nogmaals baie dankie aan almal wat die veiling so 'n sukses gemaak het.
Duurste bul verkoop op die Braunvieh Nasionale veiling Eduan Jafta's Milord van die Eduan boerdery Barkly-Oos. vlnr Mnre. Willem en Gawie Naudé verkopers, Deon Klopper GWK afslaer en Schalk Erlank van GWK namens die koper Mnr Dick David van Maclear en Thulang Letsika hanteerder.

 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -


Basedag

15 Oktober 2014

Gelukkige Basedag aan al ons Braunvieh "base", toesighouers en bestuurders!
 Foto: Mnr Els, bestuurder van die Sekretariaat ontvang sy geskenk vir Basedag van June Wiid

Basedag

 



Dear Braunvieh SA Members

15 Oktober 2014

We would like to invite Braunvieh SA breeders to join us on a tour to Australia to the Beef Expo 2015 in Rockhampton

Click here to download the Registration Form (.xls document)

Click here for more information (.pdf document)

 



2015 Braunvieh SA Joernaal: Binne blaaie en buiteblad

15 Oktober 2014

Geagte Braunvieh SA Lid en Namibiese Braunvieh Lede
Daar is deur die Raad besluit om die meer gesogte advertensie spasies van volgende jaar se Braunvieh Joernaal op tender uit te sit. Die redes hiervoor is om al die lede 'n gelyke geleentheid te bied om een van die gesogte blaaie te bekom en ten tweede om meer geld vir die joernaal deur die blaaie te genereer. Die advertensie spasies onder bespreking is:
1. Die agterblad van die joernaal. 2. Die voorste binneblad van die joernaal. 3. Die voorste binne tweede blad van die joernaal. 4. Die agter binneblad van die joernaal. 5. Die agter binne tweede blad van die joernaal.

Die minimum bedrae vir die blaaie is soos volg:
1. R7000
2-5. R5000.

'n Spesifieke spasie (1 - 5) sal aan die persoon met die hoogste bod toegeken word. Die suksesvolle tender van bg advertensies sal ook 'n opsie verkry om 'n volblad promosie artikel uit te neem teen R1500. 'n Persoon wat vir die agterblad tender word ook versoek om op blaaie 2-5 te tender ingeval hy/sy nie die agterblad kry nie maar wel een van die blaaie wil bekom. Teken dit net asb so in u antwoord aan die kantoor aan. Indien twee persone of meer dieselfde bedrag tender vir n spesifieke blad sal hulle deur die kantoor gekontak word om te verneem of hulle hoër wil tender en die hoogste bod sal dan aanvaar word.
Die res van die advertensie koste is soos volg:
1. Volblad advertensie of volblad promosie artikel R3500.
2. 'n Volblad promosie artikel met n volblad advertensie dws twee blaaie R5000.
3. Halfblad advertensie R2000.

Die sluitingsdatum vir die opneem van advertensies is 14 November 2014. n Deposito van 50% van u advertensie koste is betaalbaar op of voor die 21 November 2014.
Alle bedrae is BTW UITGESLUIT.
Skakel asb gerus vir Christopher sou u enige vrae hê.



Mega Week 2014

10 Oktober 2014

Die Mega week was n baie nat en koue drie dae, tog was die belangstelling baie goed. Baie dankie aan Ben Mills en Danie Botha vir al hulle moeite om elke jaar hul beeste daar te gaan uitstal. Manne die beeste was mooi ons waardeer. Dit is regtig n moet om daar n draai te gaan maak die Kaapse atmosfeer hang sterk in die lig.Wat lekker is al die diere is onder een skuur so jy sien sommer almal op eenslag. Daar was oor die 1000 dorper skaap asook die Nasionale Boerboel skou wat meer as 250 honde opgelewer het. Ek hoop dat u as teler volgende jaar n trippie Kaap se kant toe wil maak en die twee Braunvieh manne daar gaan ondersteun.
Christopher Havenga



Nasionale Braunvieh Veiling

3 September 2014

25 Sept 2014 11h00 GWK Kompleks Kimberley
 Inligtingsdag 24 Sep 2014 10h00
 Aanbod: 25 Vroulike Diere en 20 Bulle
 Skakel: Christopher Havenga - 0829211527 of
 Sampie Rossouw - 082 312 7208
 Braunvieh Kantoor: 0514100967



Baie geluk! - Eduan Braunvieh stoet

3 September 2014

Baie geluk aan die Eduan Braunvieh stoet van mnre. Gawie en Willem Naudé van die plaas Buttermead, Barkly-Oos met hul uitstekende prestasie tydens die Jakaranda skou te Pretoria. Hul bul, Eduan Jumbo’s Manifest, verteenwoordig die Braunvieh in die LNR se interras kompetisie vir fase C getoetste bulle. Manifest wen die klas en word boonop ook gekroon as die Braunvieh Junior en Groot Kampioenbul asook die Opperste Kampioen Braunvieh op die skou. Hy word ook aangewys as die Reserwe Junior Interras Kampioen van die 2014 Jakaranda skou.
Dit is reeds die vierde keer sedert 2012 dat ‘n bul uit die Eduan stoet die ras tydens die kompetisie verteenwoordig.
Manifest is ook die derde kalf van sy moeder, Eduan Hoogmoed, wat die ras in dié kompetisie verteenwoordig.

Eduan Stoet

 



LNR 2014 toekennings

3 September 2014

Opsomming van die uitslae van die Jakaranda skou
Harman Neussli van Cois Harman, Harman Brauncieh Stoet is aangewys as die senior en grootkampioen en super- Braunvieh koei Eduan Jumbo's Manifest (Gawie en Willem Naudé Eduan Braunvieh Stoet) is die junior, grootkampioen en fase C kampioen Braunvieh bul asook die Opperste Kampioen Braunvieh op die skou. Hy is ook aangewys as die reserwe kampioen Interras junior kampioen bul.

Info oor Nuessli
Die koei Harman Nuessli FJNH 05 04 kom uit 'n baie vrugbare en langlewende voorgeslag. Haar ouma Sproetjies het op 15 jaar 13 kalwers gehad en haar ma Susie het op 14 jaar 11 kalwers gehad. Nuessli is as junior koei aangewys as die interras junior kampioen koei op Vryburg en by verskeie skoue daarna is sy aangewys as die Braunvieh se kampioen koei asook die super koei van die ras. Sy is ook in 2011 tydens die Pretoria/Tshwane skou aangewys as die interras super kampioenkoei. Haar kalwers groei baie goed en speen bogemiddeld ten spuite dat sy ook as koei gemelk word vir kaasproduksie.
Haar seun Harman Nantes FJNH 12 01 het ook in die Face C toets op Armoedsvlakte die Goue meriete toekenning gekry vir groei tydens die toets. Die bul kry ook vanjaar die LNR NASIONALE PLATINUM toekenning tydens die Jakaranda skou. Harman Nuessli was op 24 Augustus 2014 nege jaar oud en haar 8ste kalf staan reeds langs haar.

Info oor Nantes
Harman Nantes FJNH 12 01, 'n Goue meriete Fase C bul, kom uit 'n baie vrugbare en langlewende geslag aan moeders- en vaderskant. Sy pa Harman Felix FJNH 05 02 was verskeie kere aangewys as die Braunvieh se Senior kampioen en ras kampioenbul tydens skoue. Sy oupa Harman Markus 8 FJNH 01 08, is 'n baie aanpasbare bul wat op bykans 14 jaar steeds suksesvol as kuddebul gebruik word.
Harman Markus 8 was op die Braunvieh se Nasionale Kampioenskappe in 2009 aangewys as die opperste Raskampioen van die Braunvieh en het as KI bul netsoos sy pa Sonneskyn Markus 8, 'n besondere impak gemaak op die Braunvieh. Sy ma Harman Nuessli FJNH 05 04 is vanjaar ook aangewys as die Nasionale beste Elite koei van die Braunvieh.

Click here for DAFF ARC NATIONAL BEST ELITE COW AWARDS 2014
Click here for DAFF ARC NATIONAL PLATINUM BULL AWARDS 2014

 -
 -
 -
 -
 -
 -

 



Farmer's Day

27 Augustus 2014

TO YOU ALL,
 You are cordially invited to attend the farmer's day to be held on the farm WELVERDIEND of Cois Harman on Friday 12 September 2014 at 08:30 for 09:00.

Kliek hier vir verdere inligting

 



Eduan Jumbo's Manifest

18 Augustus 2014

Manifest is 'n mediumraam vroegryp tipe bul met goeie konstitusie, hy vertoon 'n wakker houding met baie goeie manlike eienskappe. Manifest het 'n breë sterk bek en kop en is ook breed oor sy hele lyf met baie goeie bespiering. Hy het besonderse diepte en kapasiteit vir so jong bul en weeg reeds 775kg op 20 maande. Let op na sy agterkwart, hy toon baie van sy pa (Jumbo) se goeie eienskappe.
Manifest is reeds die 3de bulkalf van Eduan Hoogmoed wat die ras by 'n fase C prestasietoetsklas verteenwoordig, sy ouer broers wat die prestasie reeds behaal het is Eduan Stephanus Luitenant en Eduan Bacardi's Kalvyn. 'n Kleindogeter van Hoogmoed (Eduan Bacardi's Mannah) sal tydens die Nasionale Braunvieh veiling op Kimberley aangebied word.
Ons nooi almal uit om ons te besoek tydens die Pretoria skou van 25-28 Augustus 2014, die beoordeeling vind plaas op 28 Augustus 2014.

Kliek hier om die 5 Generation Pedigree af te laai
Kliek hier om die Performance Certificate af te laai



Ultimate Beef Club - The local Grill Newsletter

12 Augustus 2014

Kliek hier om die Augustus newsletter af te laai



Ultimate Beef Club expert Jan de Jong on Braunvieh

1 August 2014
 



Nasionale Braunvieh Veiling

29 Julie 2014

25 Sept 2014 11h00 GWK Kompleks Kimberley
Inligtingsdag 24 Sep 2014 10h00
Aanbod: 25 Vroulike Diere en 20 Bulle
Skakel: Christopher Havenga - 0829211527 of
Sampie Rossouw - 082 312 7208
Braunvieh Kantoor: 0514100967



Pretoria Skou 2014

28 Julie 2014

Gelde moet asb inbetaal word by:
Tshwane Business and Agricultural Corporation (Tshwabac)
Absa, Quagga Centre
Acc No: 0040181423
Branch Code: 632005
Entries close 7 August

Download the Show Rules
Download the Cattle Entry Form
Download the Show Rules & Regulations
Download the Event Overview



Braunvieh SA AJV 2014 Toekennings

Die toekennings by die Algemene Jaarvergadering gemaak word, naamlik die Presidensiële Toekenning (Mnr Piet de Villiers AC Cattle Co en Sonneskyn Stoet), die Kudde van die Jaar Toekenning (Mnr JJ Bester en dogters, Witbek Stoet) en die Beste TKP Toekenning (Mnr JJ Bester en dogters, Witbek Stoet met 'n TKP van 375 dae).

Kudde van die Jaar - Witbek stoet
Presidensiele toekenning & Oorkondes Piet de Villiers
Braunvieh SA Vryburg Skou Kampioene 2014: Meeste punte op skou
Beste TKP Bester & Dogters


LNR Vleisbees Verbeteringsdag

28 Julie 2014

Die LNR bied op 06 Augustus 2014 sy jaarlikse vleisbees verbeteringsdag te Armoedsvlakte aan. Ons wil graag aan die rasse wat gebruik van die Vrynurg bul toets sentrum die geleentheid bied om aan belangstellendes meer oor u ras te vertel. Op daar is op die oomblik van u ras in die kraal, dus kan u of `n verteenwoordiger die dag saam met ons geniet. U is welkom promosie artikels gedurende die tyd aan die boere beskikbaar stel.
 Enige navrae is u welkom om met my of Tebogo te skakel 053 927 4333 / 5.

Kliek hier om af te laai



Braunvieh SA Raad 2014 2015 Portefeuljes

23 Julie 2014

Tydens die Raadsvergadering gehou op 26 Junie 2014 te Bloemfontein is die nuwe Raad se portefeuljes as volg ingedeel:

Kobus Bezuidenhout - Boeredae, Uitstallings, Nampo, Borge Boeredae

Christopher Havenga - Joernaal, Nuusbriewe, Semen, Embrio's, Stamboeksake, Produksie Aantekeninge, Sekretariaat en koördinering en bestuur van die Braunvieh
 Hans Bester - Keurings en Beoordeling, Opleiding, Slag-os, Borge Boeredae

Sampie Rossouw - Vryburg Skou Veiling en Nasionale Veiling, Skoue, Funksies (Jaarfunksie), Nasionale Kampioenskappe

G Naudé - Finansies, Web, Klere (Willem Naudé), Reklame Materiaal: Media advertensies, Pamflette, Artikels, Sosiale Media

Piet de Villiers - K.I. Bulle, Nasionale Veilingsinligtingsdag



Braunvieh Artikel in Rooivleis

21 Julie 2014

Genetics - How did we get here?
Kliek hier om die artikel af te laai



Forum for farmers looks at future of Agriculture

14 Julie 2014

Farmers in and around Gauteng are invited to attend the Gauteng Farmers Conference and Expo at the CSIR Convention Centre on 2 and 3 October 2014. Prominent leaders in agriculture will talk about the latest developments of this sector and how farmers can use it to their advantage.
High profile speakers lined up for this event include among others Karen Swanepoel, Dirk Hanekom of Agri Gauteng, and Dr John Purchase of Agricultural Business Chamber. The conference aims to bring together the public and private sector to face the challenges associated with Agriculture in South Africa's hub.


The programme will include discussions on:

  • the business aspects of farming operations
  • developing a business plan
  • opportunities to market and sell produce
  • micro agricultural enterprises
  • choosing a niche market
  • modern farming techniques and technology, and
  • labour-related matters

Who should attend and why?
Commercial farmers, small landowners, emerging farmers, weekend or city farmers and industry bodies with an interest in the agricultural sector will benefit by attending this conference. South Africa needs all farmers to ensure a healthy agricultural industry that contributes to the country's gross domestic product (GDP), food security, social welfare, job creation and ecotourism.


An industry expo featuring over thirty exhibitors is part of the conference.

Registration fee: R1700 per person. Discounted group registrations at R1500 per person.

For more information visit our website, or phone 012 667 1980



New Stud book tariffs

14 Julie 2014

Vind aangeheg die nuwe Stamboek tariewe
Neem asseblief kennis dat die DEELNAME (Jaarliks) & die DIREKTE HANDELING (Jaarliks) nou een bedrag is en dus is die bedrag meer, naamlik R620.00
Kliek hier om die nuwe tariewe af te laai



Braunvieh Vaaldu Stoet te koop

11 July 2014

'n Unieke kans om 'n goeie stoet wat in vol produksie is en waarmee u intensief op 'n klein stukkie grond kan boer u eie te maak.
Kontak Willie du Plessis by 082 8011 854



The Local Grill

10 July 2014

This restaurant has been voted the best steakhouse two years running in the Wolftrapp Steakhouse Championship, and an interesting concept in beef marketing is followed.

Organic beef (from Grassfields Beef) and breed specific beef is available. Period of aging is also updated on a large board in the restaurant.

This board also shows the number of primal cuts available, as well as the breed being marketed that month.
This month Braunvieh beef is being marketed, last month Charolais was the breed of choice.

On the first or second Monday of the month the Beef Club gets together and a breed in highlighted, with a representative of the breed giving a short background to the breed in terms of origin, salient points and its place within the South African beef industry. It is important to explain that some breeds are inclined to be later maturing than others, and what one could therefore expect from these later maturing breeds.

All beef is derived from Karan Beef and after a starter (always a beef cut: we were lucky enough to taste C grade steak tartare and Carpaccio) three cuts are presented for tasting. These are a sirloin, rump and rib eye, at 15 minutes intervals.

These cuts are presented medium rare and cut into thin strips (like steelvleis), with a green salad, shoestring fries and creamed spinach and freshly baked bread. Two platters of each cut are presented per table, which means that the samples per table could be from different cattle.
 The Braunvieh sirloin was a very coarse grained sample, it could have been slightly tenderer, but it was explained that the sample was probably from an animal slaughtering out at around 220kg dressed, and devoid of any marbling and fat. Rump was of better grain, and more tender than the sirloin. The rib eye was far and away the best cut presented. The beneficial effects of marbling were clear, with pleasing fine grain on most pieces. The fact that pieces are pre-cut and presented on a platter means that there is no objection to stealing a piece of meat for tasting from another table.
After the meal an I-pod is passed around and comments regarding the different cuts are noted electronically.

This concept of tasting beef from different breeds is interesting, but the point that is important to remember is that there can be more variation within a breed than between breeds concerning meat quality.

Jan de Jong

** Daar sal opgemerk word dat nie al die tafels vol was nie: dit was 'n bittere koue dag.

The Local Grill
The Local Grill
The Local Grill
The Local Grill
The Local Grill
The Local Grill


Simpatie aan mev Pat Wethmar

8 July 2014

Die BRAUNVIEH SA Genootskap wens alle sterkte en simpatie toe aan mev Pat Wethmar met die afsterwe van haar man Wimpie.



Besoek aan Namibie. Deur Andre en Annemarie Reitsma van die JC Braunvieh stoet

4 Julie 2014

Ons het so n vinnige onbeplande draai in Namibie gaan maak vanaf 5 Junie. Die gedagte was om die B X B (Braunvieh X Brahman) veiling by te woon op 6 Junie. Ons het beplan om reeds Vrydag na die veiling terug te keer na Suid Afrika. Die Namibieers (Lourens en Henriette Le Grange van die Aurora stoet) se gasvryheid het dit nie toegelaat nie en ons was eers Maandag aand na n baie positiewe opbouende en geseende tyd in Namibie en op hul plaas, terug by die huis.

Braunvieh X Brahman Elite Auction (B X B: the only thing better than 4X4)

Hierdie veiling was n eerste in Namibie waar twee rasse en twee stoet telers hande geneem het en uitsonderlike stoetdiere uit beide rasse, bulle asook vroulike diere, aan te bied. Die Braunvieh ras is deur Aurora Braunvieh (Lourens en Henriette Le Grange) verteenwoordig en die Brahmanne deur Claus en Heidi Duval. n Verdere doel van die veiling was om kruisverse uit die twee rasse (Braunvieh bul en Brahman vroulike diere) op die veiling beskikbaar te stel. Dit was n baie suksevolle veiling en Brahman bulle is vir R60000 vekoop terwyl die Braunvieh's met die hoogste prys vir n bul weggestap het nl R90000.
Die prestasie is herhaal met n Braunvieh vers wat vir R30000 verkoop is. Hierdie is n besonderse vers met die bul CDH Nampo haar oupa aan ma se kant en Aurora Doller haar pa. Sy is 5 maande dragtig met die bul Franko wat n seun van CDH Riek is. Die hoogste prys vir kruisras verse (Braunvieh x Brahman) was R14250. Dit is baie duidelik dat die besondere kruising tans bo aan die inkopie lys van kommersiele boere in Namibie is. Aurora Braunvieh het 15 Bulle ingeskryf en 10 Braunvieh vroulike diere. n Opvolgveiling word beplan in September 2014 waartydens daar weer 15 Top Braunvieh bulle aangebied sal word.

Besoek aan die Arora stoet op hul plaas

Ons het Saterdag oggend 7 Junie vanaf Windhoek na die plaas in die Gobabis omgweing vertrek. Saterdag middag en Sondag oggend het ons die voorreg gehad om na die beeste van Lourens en Henriette te gaan kyk. Die stoet bestaan tans uit 542 gerigistreerde diere nl; 208 bulle en 334 vroulike diere. Die kwaliteit van die beeste en veral die jong kalwers wat hul eie aanteel is kan nie in woorde beskryf word nie. Dit is nie moeilik om te verstaan hoe Aurora dit regkry om twee veilings n jaar te hou en op elk 15 top bulle aan te bied en dan ook nog top pryse vir die bulle te kry nie. Hier is vanaf 2006 gewoeker met hul talent en met die genetieka wat hulle orals bymekaar moes maak.

 

Aurora Braunvieh gaan twee Top bulle na die SA nasionale veiling bring en belangstellendes kan hulle kontak by:
Lourens +264 811279170 en
Henriette +264811249670

Baie dankie Lourens en Henriette vir julle kosbare tyd wat julle aan ons spandeer het en julle passie en liefde vir julle diere wat julle met ons gedeel het. So n besoek moet hoog op die agenda lys van enige Braunvieh teller wees. Dit is baie leersaam en n belewenis om so n groot groep kwaliteit diere bymekaar te sien.

Foto's aangeheg:
1.Reno wat pas by die koeie weggevat is en in n puik kondisie is.
2.Die vers wat vir R30000 vekoop is
3.My 2 skou versies, links Aurora Ginger (sy het op 302kg gespeen op 7 maande) Regs is Aurora Lisel (sy het op 309kg gespeen op 6 maande)
4.Aurora Doffel wat op die BxB veiling vir R90 000 verkoop het.
5.Aurora Reno tussen sy koeie aan die werk.
6.Aurora Dollar se Ma DH Dolly ID 96-46

Ons het die naweek gespeen en hier is n paar gewigte van die wat julle gesien het:
1.Boffen 378kg
2.Buffy 306Kg
3.Madrissa 318Kg
4.Nelda 309Kg

Aurora stoet
Aurora stoet
Aurora stoet
Aurora stoet
Aurora stoet
Aurora stoet
Aurora stoet
Aurora stoet


SA Stamboek Jaarlikse Logix Vleisbees Raport

1 Julie 2014

Kliek hier om die raport af te laai



Nasionale Braunvieh SA Veiling

26 Junie 2014

GWK Kompleks te Kimberley :- 25 September 2014
Hiermee die inskrywings vir die Nasionale Braunvieh SA Veiling wat op 25 September 2014 by die GWK Kompleks te Kimberley plaasvind.
Kliek hier vir meer inligting
Kliek hier vir die Inskrywingsvorm



Swartland skou Moorreesburg

19 Junie 2014

SWARTLANDSKOU MOORREESBURG: 3 - 6 SEPTEMBER 2014
Dit is met trots dat ons hier die jaar ons 80ste Swartlandskou aanbied.
Kliek hier vir die uitnodigingsbrief.



Baie geluk!

19 Junie 2014

Baie geluk aan Hampie van Zyl van die Braunvieh Beaulieu Stoet wenner van die Vryburg Skou Interras Reserwe Grootkampioen - Vroulike dier en Reserwe GOUE BEKER met die koei Beaulieu Rosie-Matilda
Kliek hier vir die Interras Uitslae

Matilda



Braunvieh SA Raad 2014/2015

6 Junie 2014

Geagte Braunvieh SA Lid
Die Genootskap wens die volgende lede geluk wat tot die Raad verkies is tydens die Algemene Jaarvergadering in Vryburg:
Die Raad vir 2014 - 2015 is:
Voorsitter: Mnr C. Havenga
Vise-President: Mnr Hans Bester
Mnr Kobus Bezuidenhout
Mnr Gawie Naudé
Mnr Sampie Rossouw

Die Raad bedank mnr Pieter de Villiers met vir getroue diens aan die Genootskap in die Raad vir baie jare.

Braunvieh groete



NAMPO 2014 Persverklaaring

30 Mei 2014

NAMPO goed gevestig as Afrika se netwerkplatform vir landbou
Kliek hier om die persverklaaring af te laai



BXB Elite Veiling (Braunvieh en Brahman)

3 Junie 2014

6 Junie om 11:00 by die AGRA / Bank Windhoek Ring

BXB Elite Auction 2014



Gelukwense

30 May 2014

Geagte Braunvieh SA Lid
Baie geluk aan mnr Christopher Havenga, Braunvieh SA President, wat pas bevorder is van Junior na Senior Inter Ras Beoordelaar.
Die Genootskap wens hom sterkte toe met sy herstel na sy operasie.



Thabazimbi Landbouskou

28 Mei 2014

DV op 31 JULIE,1 & 2 AUGUSTUS vir die 60ste keer
Kliek hier om die Vee Boekie - Geen Ras af te laai
Kliek hier om die Vee Inskrywings af te laai
Vir enige verdere inligting kontak asb vir: JOHAN DU TOIT - 082 879 3067



Persverklaring

6 May 2014

Die diefstal van beeste ter waarde van bykans R1.5 Miljoen gefnuik
 N Deurbraak van onskatbare waarde was bewerkstellig op Maandg 5 Mei 2014 op die plaas Kwaggahoek van Mnr Tinus Pretorius in die distrik van Bultfontein. Tydens die polisie optrede was verhoed dat 120 stuks vee (Santa gertruide-koeie en kalwers)van die plaas verwyder was. Vyf vermeende sindkaatlede is in hegtenis geneem tydens n polisie optrede waarby lede van die Veediefstaleenhede van Vrede (Kaptein Dricus Odendaal) en Helbron (A-O Henry Greeff) asook die OFS RPO Veediefstalforum (Isabel Kruger- ook bestuurder van Optima Afslaers) by betrokke was.
Hierdie sindikaat is betrokkeby geleethede in die verlede waarby groot getalle beeste op een stadium gesteel is. Volgens Isabel Kruger is hulle optimusties dat hierdie polisie optrede sal lei tot verdere moontlike inghegtenisnemings en die skuldigbevinding van ander betrokkenes van sake wat tans nog onopgelos is.
Van die skuldiges wat aangekeer is, is gesiene persone in die gemeenskap en strek sover as Bloemfontein. Na bewering het hierdie sindikaat geopereer in die distrik van Schweizer Reneke, Heilbron, Kroonstad, Edenville en Bultfontein. Die bestkuldigdes in die saak sal voorlopig in aanhouding bly en Donderdag in die hof verskyn.
Die OFS RPO Veediefstal forum bedank die SAPD Veediefstal eenhede met hulle flinke optrede en suksesvolle inghegtenisname van die vermeende misdadigers.



S A Stamboek Teeltsimposium

17 April 2014

30 April 2014
Kliek hier om die uitnodiging af te laai.

Vind aangeheg die uitnodiging na ons Teeltsimposium (met Internasionale Sprekers) wat op 30 April in Bloemfontein gehou gaan word.
Neem asseblief kennis dat daar 'n tolkingsdiens beskikbaar gaan wees by die Teeltsimposium. Ons sal dus beide Engels- en Afrikaanssprekende Telers kan akkommodeer.
Bespreek so gou moontlik om u plek te verseker.



Elite Bulgroeitoetsklas

17 April 2014

Datum: 29 April 2014
Kliek hier vir die Bulgroeitoetsklas program



Braunvieh SA Jaareindfunksie

2 April 2014

Geagte Braunvieh SA Lid

Vind aangeheg u uitnodiging na die Braunvieh SA Jaareindfunksie.

Geliewe daarop te let dat die RSVP datum 15 April 2014 is.

Braunvieh SA groete



Vryburg Skou Veiling 2014

26 Maart 2014

24 April 2014
Kliek hier vir die Braunvieh Katalogus
Kliek hier vir die skou katalogus



Lichtenburg skou

19 Maart 2014

Datum: 26 Maart 2014

Kliek hier vir die katalogus



Teelwaarde kursus

21 Februarie 2014

S A Stamboek nooi u hartlik uit na ons Teelwaarde kursus

Kliek hier vir meer inligting.



Vleissentraal Bulgroeitoets Klas Nominasie

21 Februarie 2014

Die genomineerde om die Braunvieh SA Ras te verteenwoordig, die bul Stephanus Luitenant van die Eduan Braunvieh Stoet van Gawie en Willem Naudé, word deeglik voorberei vir die kompetisie: aangehegte foto van hoe die bul tans daar uitsien: nog 9 weke voor D dag en hul hoop om die bul nog met 70+ kg te laat groei.

Die Braunvieh Genootskap wens die Eduan Stoet alle voorspoed toe.

Vleissentraal Bulgroeitoets Klas Nominasie



Algemene Jaarvergadering

24 Februarie 2014

Geagte Braunvieh SA Lede en Kollegas

Vind aangeheg `n Voorlopige Kennisgewing vir die Algemene Jaarvergadering wat gehou sal word op 24 April 2014.

Hierdie kennisgewing word aan die lede gepos wat nie 'n eposadres het nie.

Kliek hier vir meer inligting.



Beriggie - Braunvieh Beoordelaars- en Keurderskonferensie

21 Februarie 2014

Op 7 Februarie 2014 is 'n Braunvieh Beoordelaars- en Keurderskonferensie gehou te Sussiesdeel, plaas van Vise-President Hans Bester. Vyf Braunvieh Senior en Junior Rasbeoordelaars en vyf Interras beoordelaars was teenwoordig.

Na 'n baie leersame dag, waarop heelwat kwelpunte bespreek is, het die beoordelaars tot 'n vergelyk gekom. Omdat skriftelike plasings gedoen is, kon gesien word dat in 80% van die klasse, ten minste die eerste plasing ooreen gestem het.
 Ons kyk dus almal na dieselfde gewenste eienskappe.

Punte wat uitgesonder is, sal in die toekoms beklemtoon word:
• Lende - swak lende is 'n probleem by suiweltipe beeste en rugbespiering kan die probleem verbeter.
• Skedes - word 'n probleem. Senior interras-beoordelaars het beklemtoon dat die hoek van 45° nie oorskry moet word nie. Die naelvel moet nie vlesig wees nie en die bul moet die skede goed kan beheer.
• Bespiering - goedbespierde bulle bly in aanvraag in die mark; daar moet weereens gewaak word teen droë bespiering (bulle moet kan vet aansit vir reserwes). Daar is streng gediskrimineer teen vroulike diere, wat oorbespiering in die agterkwart wys; en manlikheid in die skof en nek.
• Koeie met nou sitbene sal streng teen gediskrimineer word.

In die woorde van Braunvieh President en Interras beoordelaar Christopher Havenga: "Teel wat die mark soek: Bulle moet goed bespierd en robust wees. Vroulike diere moet goeie dubbeldoel koeie met goeie balans tussen vleis en melk wees, naamlik 60% vleis en 40% melk."

Besondere dank aan VOERMOL (Dirk Viljoen) wat ons borg vir die Konferensie was.

Fotos aangeheg:
•Groepfoto: van links na regs voor Willie de Jager en Daleen Bester. Middel: Jan de Jong, Martin Seyfferdt, Willem Pretorius, Dirk Viljoen van Voermol en Christopher Havenga. Agter Hans Bester en Kobus Bezuidenhout.
•Foto 2: Martin Seyfferdt en Christopher Havenga besig met die prakties in die konferensie.
•Foto 3: Kursusgangers krap kop met plasings in die prakties
•Interrasbeoordelaars teenwoordig was Jan de Jong, Willem Pretorius, Christopher Havenga, Willie de Jager en Martin Seyfferdt.

Braunvieh Beoordelaars- en Keurderskonferensie
Braunvieh Beoordelaars- en Keurderskonferensie
Braunvieh Beoordelaars- en Keurderskonferensie
Braunvieh Beoordelaars- en Keurderskonferensie


Bek en klouseer status

21 Februarie 2014

Bek en klouseer status en die uitvoer van genetiese material
Recovery of free status
Bek en klouseer Persverklaring



SA Stud Book 2014 International Symposium

SA Stud Book Breeder Symposium 2014

 

© Braunvieh SA. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Braunvieh SA.