051 410 0967   E-mail Us  
Bruanvieh by Bloemfontein Skou 2016

Braunvieh SA Bloem Skou 2016  GAAN TERUG
DATUM: 28 Apr 2016 - PLEK: Bloemfontein Skou


Op die 28ste April het die Braunvieh streekkampioenskappe plaasgevind tydens die Bloemskou in Bloemfontein.
Al was boerdery toestande die jaar baie swak, het 7 telers met 33 diere kom skou (Foto 3).
Die beoordeelaars was Willie de Jager (senior beoordeellaar) en Kobus Bezuidenhout (junior beoordeellaar) (Foto 2).

Die kompetisie was straf en het die volgende telers kampioene vertoon:

Super Koei: Alphine Cibel Corrie - Alphine stoet - PR Wessels (Foto 15)
Senior Kampioen Koei: Eduan Bacardi's Lester - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude
Reserwe Senior Kampioen Koei: Els Els120007‎ - Uzziah Braunvieh - Leon Strauss (Foto 1)
Junior Kampioen Vers of Koei: Eduan Jumbo's Naomi - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude (Foto 4)
Reserwe Junior Kampioen Vers of Koei: Witbek Elsa - Witbek Braunvieh - JJ Bester en Dogters  (Foto 5)
Kalf Kampioen Vers: Eduan Jumbo's Pippa - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude (Foto 9)
Reserwe Kalf Kampioen Vers: Witbek Zan - Witbek Braunvieh - JJ Bester en Dogters (Foto 14)
Groot Kampioen Koei: Eduan Bacardi's Lester - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude
Reserwe Groot Kampioen Koei: Els Els 120007 - Uzziah Braunvieh - Leon Strauss
Kalf Kampioen Bulkalf: Witbek Salute - Witbek Braunvieh - JJ Bester en Dogters
Reserwe Kampioen Bulkalf: Eduan Jumbo's Pollux - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude  (Foto 10)
Junior Kampioen Bul: Braun Kristalle Zeus - Kristal Braunvieh - Ian en Ansie Botes (Foto 12)
Reserwe Junior Kampioen Bul: Eduan Jafta's Nescafe - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude
Senior Kampioen Bul: Eduan Hector's Matty - Uzziah Braunvieh en Christopher Braunvieh - Leon Strauss‎ en Christopher Havenga (Foto 8)
Reserwe Senior Kampioen Bul: Eduan Stephanus Luitenant - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude (Foto 7)
Groot Kampioen Bul: Braun Kristalle Zeus - Kristal Braunvieh - Ian en Ansie Botes (Foto 13)
Reserwe Groot Kampioen Bul: Witbek Salute - Witbek Braunvieh - JJ Bester en Dogters (Foto 11)
Die Opperste Kampioen Braunvieh op die skou en 1ste wenner van die Minnie Van Rensburg Trofee is die koei Eduan ‎Bacardi's Lester - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude (Foto 6)

Sonder borge kon dit nie moontlik gewees het nie en die genootskap wil graag die volgende borge bedank vir hul bydra

Affordable Tyers: François en Sonja Lessingh
Erlank Trust: Schalk Erlank
John Williams Motors: Willem Neethling
Standard Bank: Danie Retief en Thabo Hlongwane
Braunvieh SA

 

 

Die volgende dag, 29 April is aan die interras klasse deel geneem en wen die Braunvieh die volgende klasse:
1) Netste stal - Kristal Braunvieh - Ian en Ansie Botes
2) Vadernageslag van 3 diere - Eduan Bdy - Gawie en Willem Naude
3) Beste groep van 5 diere - verskeie stoeterye - Eduan Bdy,Kristal Braunvieh,Uzziah Braunvieh en Witbek Braunvieh

Die genootskap‎ wens elke vertoner geluk met hul prestasies en bedank ook die borge,mede telers en toeskouers wat kom deel het in die dag se verrigtinge.
                     
- Sampie Rossouw

Photo Gallery



GEBEURE INDEKS  OPKOMENDE GEBEURE  TERUG NA BO

© Braunvieh SA. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Braunvieh SA.