051 410 0967   E-mail Us  
Braunvieh Standaarde van Voortreflikheid

Braunvieh Standaarde van Voortreflikheid


Die Braunvieh is:

  • ‘n Medium tot ‘n groot raam dubbeldoel bees wat ontwikkel is vir vleis en melk produksie in ‘n 60:40 verhouding.
  • Weens sy oorsprong in die Alpe, is dit ‘n ras met ‘n hoër rooibloedtelling as ander rasse en pas die ras maklik aan in ‘n verskeidenheid van omstandighede, van baie koud tot uitermatig warm, wêreld wyd.
  • ‘n Ras met goeie stapvermoë, sterk bene en diep donker kloue.
  • ‘n Ras met ‘n goeie pigment, ‘n aangepasde vel wat glad verhaar in die somer en wat die haar verdig en groei in die winter om te verseker dat die liggaamstemperatuur so konstant moontlik bly. Weens die sterk donker pigment kom oogkanker glad nie by die ras voor nie
  • ‘n Ras met ‘n rustige temperament wat goed aangepas is en uitstekend presteer in voerkrale.
  • ‘n Baie vrugbare ras en langlewend. Koeie van 12 jaar en ouer produseer nog jaarliks.
  • ‘n Ras met bogemiddelde melkproduksie, goeie uiers en spene en dit verseker dat kalwers vinnig groei en met ‘n bogemiddelde gewig speen.


 

Braunvieh Bull and Cow

STANDAARDE VAN VOORTREFLIKHEID TEN OPSIGTE VAN DIE BRAUNVIEH SA

  1. ALGEMENE VOORKOMS

 

          Rustige, groot, gebalanseer, intelligent, beweeglik en mak met voldoende lente en breedte. Sterk bene van middelmatige lente. Uitstekende geslagsegtheid. Die dier moet duidelike tekens van sterkte, simmetrie en balans toon met ‘n harmoniese samestelling van alle liggaamsdele. Goeie gesondheid met tekens van ‘n uitstaande produksie potensiaal van vleis en melk en langlewendheid.

 

1.1      BULLE:  Manlik, sterk en robuus, met duidelike gedefinieerde bespiering op skouers, rug, lende, voorarm, en dye. Goed ontwikkelde skof met ‘n manlike voorkoms. Growwer van vel, haar en been as die vroulike dier met ‘n beter ontwikkelde voorkwart.

 

1.2 VROULIKE DIERE:  Fyner in alle aspekte as die bul. moet gladder vertoon in vergelyking met die bul. Wanneer in produksie moet sy wigvormig. Wanneer van die kant gesien, moet die agterkwart dieper as die voorkant vertoon, wat ‘n effens maar tipiese vroulike, wigvorm verleen. Uier goed ontwikkel, sag en soepel, met goed geplaasde spene van voldoende grootte. Beenstruktuur relatief fyn maar tog sterk en duursaam. Oneweredige vet-aanpakking op die liggaam word as uiters ongewens beskou. Die bul moet dus sterk, robust en manlik wees terwyl die vroulike dier moet ‘n verfynde vroulike houding moet toon.

 

  1. KOP

 

 2.1      BULLE:  Lank en breed tussen oë, met ‘n algehele manlike fors, tog kalm uitdrukking. (Daar word nie teen horings gediskrimineer nie!)

 

          2.2      VROULIKE DIERE:  Absoluut vroulik, met ‘n wakker, kalm en rustige uitdrukking.

 

  1. NEUSSPIEëL:  Breed en sterk, met groot oop neusgate.
  2. KAKE:  Breed en sterk, met tande wat goed teen die kussing van die bokaak sluit. Wange nie vlesig nie.
  3. Oë:  Groot, helder en rustig.

iv)     ORE:  Van middelmatige grootte en wakker gedra, met ligte hare binne en aan die kante.

  1. VOORKOP:  Breed en effen geduik tussen oë.
  2. NEUSBEEN:        Breed, reguit en sterk.

 

  1. NEK

 

          3.1      BULLE:  Breed met ‘n sterk, goed gespierde, manlike skof.

 

          3.2      VROULIKE DIERE:  Plat, met ‘n netjiese, vroulike voorkoms.

 

  1. SKOUERS

 

Blaaie effe skuins na vore en goed aangeheg. Spier- en ligament aanhegtings van skouer tot bors, kambene, nek en ribbes moet stewig en ferm wees. Skouerknoppe wyd uitmekaar maar nie te prominent nie, met goeie ronding oor kambeen.

 

          4.1      BULLE:  Breed, vol en goed gespier. ‘n Skynbare val agter die skouers (naamlik die haseleër) as gevolg van goeie breedte tussen skouerknoppe, sal nie teen gediskrimineer word nie.  Goed gespierde voorarm.

 

          4.2      VROULIKE DIERE:  Die vroulike dier moet meer verfyndheid in die skouer vertoon as die bul met baie goeie breedte

 

  1. MIDDELSTUK

 

           5.1     RIBBEKAS:  Lank, breed en diep moet goeie kapasiteit.

 

           5.2     RIBBES:  Hoog en wyd gesprong. Ribbes wyd uitmekaar, breed en lank.  Effens geboë na agter.

 

 

  1. RUG EN LENDE

 

      6.1     BULLE:  Rug en lende lank, breed en sterk. Bespiering moet deurlopend breed, dik en duidelik gedefinieer wees vanaf die lende tot by die skouers. Lende gelyk met rug en kruis.

 

           6.2     VROULIKE DIERE:  Rug en lende lank, breed en sterk. Die vroulike dier is meer gladde, soepel.

 

  1. KRUIS, HEUPE, DRAAIBENE EN SITBENE

 

          7.1      KRUIS:  Kruis lank, breed en goed gespierd met ‘n effense val vanaf die heupbeen tot by die sitbene. ‘n Effense dakkigheid aan albei kante van die stertwortel word ook verlang.

 

          7.2      HEUPE:  Goed geplaas. In die geval van die bul egter, moet die heupbene nie so prominent of wyd uitmekaar wees as in die koei nie. Vetknoppe op die heupe word as uiters ongewens beskou.

 

          7.3      DRAAIBENE:  Laer as heupbene en wyd uitmekaar geplaas.

 

          7.4      SITBENE:  ‘’n Goeie breedte tussen die sitbene word verlang. Los vetknoppe op die sitbene van die produserende koei en bulle is ongewens.

 

  1. DYE

 

          8.1      BULLE:  Goed gespier, dik, vol en diep, op die buite sowel as binnedye, asook agter.  Dye breed, goed gespierd en strek laer af as die lies na goed ontwikkelde 2de dy.

 

          8.2      VROULIKE DIERE:  Binne- en buitedye vol.

 

  1. BENE, HAKKE KOOTGEWRIGTE EN KLOUE, STAND EN GANG

 

          9.1      BENE:  Voorbene van medium lengte, reguit, wyd uitmekaar en vierkantig geplaas. Agterbene, wanneer van die kant gesien, moet geen tekens van regophakkigheid toon nie. Van agter gesien, moet die agterbene reguit wees, met ‘n goeie spasie tussen die hakke. Beenstruktuur plat, droog en sterk.

 

          9.2      HAKKE:  Breed en sterk, maar terselfdertyd droog met die korrekte hoek. Hakke moet nie dik of vlesig vertoon nie.

 

          9.3      KOOTGEWRIGTE EN KLOUE:  Kootgewrigte kort, sterk en veerkragtig. Kootgewrigte wat te steil en styf vertoon, of wat deurtrap is ongewens.  Kloue eenvormig, ovaal, diep en geslote.

 

          9.4      STAND EN GANG:  Die dier moet vierkantig kan staan en moet met ‘n vrye, maklike gang kan beweeg.

 

  1. VEL, HAAR, BEEN EN KLEUR

 

          10.1    VEL:  Los, soepel en dik met voldoende pigment.

 

          10.2    HAAR:  Kort, dik, sag en glansend.  Met inagneming van seisoen en ouderdom.

 

          10.3    BEEN:  ‘n Droë, plat en duursame beenstruktuur word verlang. Growwe, swaar been met dik, vlesige knie en hakgewrigte is ongewens. Oordrewe verfyndheid van been word ook as ongewens beskou.

 

          10.4    KLEUR:  Geheel bruin, kleur mag varieer van lig na donkerbruin. Wit word slegs op die onderlyn toegelaat, en wit kolle, veral waar dit met ‘n ontbreking van pigment in die vel gekoppel is, op enige ander deel van die liggaam, word nie toegelaat nie.

 

  1. UIER, MELKARE EN SPIERE

 

           11.1   UIER:  Lank, wyd, diep, maar nie sakvormig nie, stewig aan lyf vas. Strek hoog en wyd op na agter en ver na voor.  Gebalanseerde kwarte bedek met fyn sagte hare en vol are. Te veel hare op uier en spene ongewens.  Verse moet uier en speen ontwikkeling toon.

 

           11.2   MELKARE:  Goed ontwikkeld, lank en kronkelend.

 

           11.3   SPENE:  Eenvormig, silindries met goeie lengte en vierkantig geplaas.

 

 

  1. GESLAGSORGANE

 

           12.1   BULLE:  Teelballe ferm, ewe groot en goed ontwikkeld.

 

           12.2   VROULIKE DIERE:  Goed ontwikkel en sonder uiterlike tekens van infantilisme of misvorming.

 

  1. GEWIG VIR OUDERDOM

 

          Dit is noodsaaklik dat diere ‘n goeie gewig vir ouderdom moet handhaaf.

 

14.   SKROTUM OMVANG

 

 Bul gewig              Skrotum omvang

300 - 400kg             32cm

401 - 450                 33cm

451 -500                  34cm

501 - 550                 35cm

551 - 600                 36cm
601+                        36cm

 

15.   ONGEWENSTE EIENSKAPPE

 

           15.1      Swak temperament.

           15.2      Wollerige haarbedekking.

           15.3      Baie lank of te kort op been.

           15.4      Te grof of te fyn van been.

           15.5      Swak kootgewrigte; koeihakkig of klein kloue.

           15.6      Spene wat te groot of te klein is, vlesige, harige of swak aangehegte uier.

           15.7      Ongebalanseerde uier.

           15.8      Oneweredige verspreiding van vet oor die liggaam, prominente borsstuk.

           15.9      Kort van lyf; slap of hol rug.

           15.10    Slap in lende.

           15.11    Bulle en vroulike diere wat plat in ribbes vertoon met min diepte.

           15.12    Hangkruis.

           15.13    Afwesigheid in pigmente.

 

16. DISKWALIFIKASIES

 

Dier sal gediskwalifiseer word vir enige oordrewe openbaring van ongewenste eienskappe, of vir oorerflike defekte wat in beeste voorkom, byvoorbeeld:

 

           16.1      Hernia. (Breek of spleet tussen teelorgane)

           16.2      Criptorchiedisme. (Een of beide teel orgaan, sak nie.)

           16.3      Skewe neus.

           16.4      Skewe stert. (aangebore)

           16.5      Misvormde geslagsorgane. (gedraai een onder ander)

           16.6      Skewe gesig.

           16.7      Kort of lang onderkaak.

           16.8      Regop-, sekel- of koeihakke.

           16.9      Spene wat saamgegroei is.

           16.10    Infantilisme van die uiterlike geslagsorgane in bulle en koeie.

           16.11    Enige tekens van sub-fertiliteit of gebrek aan funksionele doeltreffendheid.

           16.12    Wit op ander dele van liggaam by vroulike dier bly ‘n diskwalifikasie, behalwe waar dit in die onmiddellike omgewing van die onderlyf verskyn wanneer die Inspekteur sy diskresie mag gebruik.

            16.13    Skrotum wat te klein of te groot is.

            16.14    Breë vroulike heupe in bulle

            16.15    vroulike diere wat diep in die voorkwarte en lig in die agterkwarte vertoon (uit balans)

            16:16    Ponie tipe

 

Braunvieh Legs

Braunvieh Rump

Braunvieh Behind

 

 

 

The “droopy” and “roofy” rumps don’t occur too often and are not under discussion here. However, discrimination against animals with a flat, level or square rump plays an important role in our breeding aim. Why do we discriminate against this? Calving ease is, next to fertility, the most important aspect in countries where extensive farming conditions prevail. Cows must calve “outside in the bush” and you only see the calf when it is a few days old. There is a lot of causes for calving difficulty or “dystocia” and we maintain that one of the factors is squareness of rump. Why? If we look at Zebu types and antelopes, all known for their calving ease, we find a sloping rump where the pin bones are lower that the hipbones. (Mc Farlane, 1976) describes this as follows: “When one selects for high pin bones, the whole of the pelvis girdle is actually being rotated about the thurl (the region between the pin bone and the hip joint) in an upward and backward direction. Now if you will look at the classic outline from the side of the animal – and think about it very carefully – it will become evident that, as you raise the pin bones at the rear of the hindquarters, you automatically narrow the vertical opening that the cow has for calving – you lessen the distance between the pelvic floor and the base of the tail. This is one of the prime factors in dystocia which has led to considerable problems in a number of breeds.” (Maree, 1983), an Animal Scientist and Vet states: “The sacrum in Zebu breeds slope more than in most European beef breeds and in especially the Friesland. Squareness of the rump is due to a more horizontal setting of the sacrum so that the root of the tail is as high as the ilco-sacral attachment. This raises the pin bones and consequently the hips. Over many generations most European beef breeds and particularly the Friensland, have been selected for these features. In Zebu the sacrum and pins and hips have been allowed to slope. The pelvic outlet consequently moved downwards with lengthening of the ischio-sacral ligaments. The potential of the sacrum and lleo-sacral attachments to allow movement during labour, is therefore considerably enhanced, which is a most important factor in case of calving. A sloping rump allows for a wider opening of the pelvic outlet at calving. Lowered pin bones and a lower position of the thurls, enlarge the pelvic outlet and facilitate calving.” Mr Louis Peens, a student from the University of Pretoria, took the pelvic measurements on the following sketch from 627 Friesland cows (11 herds) with a dystocia record and investigated the association between these measurements with the dystocia records of the cows. He found the following:
 

Braunvieh


Dyslocia

1. Slope of the line A to B = 7° - 12° (flat) ..................................45%

Slope of the line A to B = 20° - 24° (not flat) ................................12%

2. Angle of the line A-B and B-C smaller than 15° ..............................56%

Angle of the line A-B and B-C larger than 25° ..................................19%

3. Difference in height between A-D and C-E less than 14cm .....................49%

Difference in height between A-D and C-E more than 19cm ........................19%
 

From the meat production point of view some believe that squarely rumped cattle are better muscled than those with a sloping rump. (Harmse, 1976) and (Butterfield, 1977) proved very clearly that this is not the case. Another interesting aspect we found is that a square rump is normally associated with straight hocks or post leggedness.

Butterfield, R (1977) What is a meat animal? Beef Cattle Science Handbook, Vol. 11:77, Agriservices Foundation, California. Harmse, J (1976) Unpublished data M.Sc. (Agric) thesis, University of Pretoria. Maree, C (1983) University of Pretoria, South Africa. Personal communication.
 

Braunvieh Anatomy
 

© Braunvieh SA. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Braunvieh SA.