051 410 0967   E-mail Us  
Braunvieh Suid Afrika | Braunvieh Breed

Welkom by Braunvieh Suid Afrika

VISIE
 

Om 'n bees te produseer wat maklik kalf, vinnig groei, algemeen goed aangepas is met 'n rustige temperament en 'n bogemiddelde vleis- en melkproduksie.
 


MISSIE
 

  • Om deur middel van seleksie en prestasietoetsing slegs die beste presteerders in die bulmark beskikbaar te stel.
     
  • Om diere te selekteer wat aan die rasstandaarde voldoen en wat bogemiddeld presteer ten opsigte van voeromset en melkproduksie.
     
  • Om die ras uit te bou as die veeldoeligste, mees effektiewe ras vir vleis-, melk- en kruistelingsproduksie in Suid-Afrika.

 

Hoekom Braunvieh?
 

 

‘n Medium tot ‘n groot raam dubbeldoel bees wat ontwikkel is vir vleis en melk produksie in ‘n 60:40 verhouding. Hulle het 'n goeie stapvermoë, sterk bene en diep donker kloue.

 

Die Braunvieh is 'n ras met bogemiddelde melkproduksie, goeie uiers en spene en dit verseker dat kalwers vinnig groei en met ‘n bogemiddelde gewig speen

 

Nadat Mnr. Bruce Hunt meer as ‘n dekade gelede stoetteling laat vaar en op ‘n kruisteelprogram vir die produksie vir voerkrale konsentreer het, het hy begin om die ideale kruisdiere te teel - geharde diere met goeie vleis- en melkeienskappe..

Leer meer oor die kruistelingsprogram

‘n Ras met ‘n rustige temperament wat goed aangepas is en uitstekend presteer in voerkrale

Weens sy oorsprong in die Alpe, is dit ‘n ras met ‘n hoër rooibloedtelling as ander rasse en pas die ras maklik aan in ‘n verskeidenheid van omstandighede, van baie koud tot uitermatig warm, wêreld wyd.


Braunvieh Sukses

 

 

 

 

 

 

Braunvieh in die Nuus

Braunvieh Hans Bester

 

 

 

Ons Nuutse Skoue

© Braunvieh SA. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Braunvieh SA.