Die nasionale veiling het plaasgevind op die 23 September 2015. n Baie leersame en interesante inligtingsdag is op 22 September gereel deur Sampie Ressouw wat ook verantwoordelik was vir die oorhoofse reeling van die veiling. Baie dankie Sampie dit was uitstekend gereel.
Bulle het gemiddeld R 35272,73 behaal met die hoogste prys van R87000,00 betaal deur Mnre Leon Strauss (van Luckhoff) en Christopher Havenga (van Petrusville) vir die bul Eduan Hector's Matty, die tweede hoogste prys is betaal deur Mnr Willem Grobbelaar vir die bul Eduan - Bicardi's Magic en die derde hoogste prys is betaal deur Mnr Bezuidenhout van die Swartbult stoet vir die bul Eduan - bicardis Legend. Die top drie pryse vir bulle kom almal uit die stal van Eduan Boerdery van Mnre Gawie en Willem Naude van Barkley Oos. Die hoogste prys is 'n nuwe SA rekord prys vir 'n Braunvieh bul.
Dragtige koeie het gemiddeld R22200,00 behaal met die hoogste prys van R37000,00 vir die koei ELS120007 van SP Els bdy van Mnre Sp en Fanie Els van Exelsior. Die koper is Mnre Leon Strauss en Christopher Havenga. Dit is ook 'n nuwe SA rekord prys vir 'n Braunvieh koei. Die tweede hoogste prys is betaal vir Bluemli - Happy van Christopher Braunvieh deur Mnr Hampie van Zyl van die Beaulieh stoet.
Dragtige verse het gemiddeld R10000,00 behaal en oop verse gemiddeld R12000,00.
Veilingsresultate
Die volgende pryse is verkry.
Bulle:
Hoogste prys bulle: R87, 000.00 vir die bul Eduan Hector's Matty
Nuwe SA rekord vir 'n Braunvieh bul
Teler: Eduan stoet van Gawie en Willem Naudé, Barkly Oos.
Koper: Uzziah stoet van Leon Strauss, Luckhoff en Christopher stoet van Christopher Havenga, Petrusville
Dragtige koeie:
Verse:
Veiling aangebied deur: GWK Kimberley
Afslaer: Deon Klopper