051 410 0967   E-mail Us  
Nasionale Braunvieh Veiling | Braunvieh Gebeure

Nasionale Braunvieh Veiling 2015  GAAN TERUG
DATUM: 23 Sep 2015 - PLEK: GWK Kompleks, Kimberley

Die nasionale veiling het plaasgevind op die 23 September 2015. n Baie leersame en interesante inligtingsdag is op 22 September gereel deur Sampie Ressouw wat ook verantwoordelik was vir die oorhoofse reeling van die veiling. Baie dankie Sampie dit was uitstekend gereel.

Bulle het gemiddeld R 35272,73 behaal met die hoogste prys van R87000,00 betaal deur Mnre Leon Strauss (van Luckhoff) en Christopher Havenga (van Petrusville) vir die bul Eduan Hector's Matty, die tweede hoogste prys is betaal deur  Mnr Willem Grobbelaar vir die bul Eduan - Bicardi's Magic en die derde hoogste prys is betaal deur Mnr Bezuidenhout van die Swartbult stoet vir die bul Eduan - bicardis Legend. Die top drie pryse vir bulle kom almal uit die stal van Eduan Boerdery van Mnre Gawie en Willem Naude van Barkley Oos. Die hoogste prys is 'n nuwe SA rekord prys vir 'n Braunvieh bul.

Dragtige koeie het gemiddeld R22200,00 behaal met die hoogste prys van R37000,00 vir die koei ELS120007 van SP Els bdy van Mnre Sp en Fanie Els van Exelsior. Die koper is Mnre Leon Strauss en Christopher Havenga. Dit is ook 'n nuwe SA rekord prys vir 'n Braunvieh koei.  Die tweede hoogste prys is betaal vir Bluemli - Happy van Christopher Braunvieh deur Mnr Hampie van Zyl van die Beaulieh stoet.

Dragtige verse het gemiddeld R10000,00 behaal en oop verse gemiddeld R12000,00.

Veilingsresultate

Die volgende pryse is verkry.

Bulle:

  • Hoogste prys bulle: R87, 000.00 vir die bul Eduan Hector's Matty
    Nuwe SA rekord vir 'n Braunvieh bul
    Teler: Eduan stoet van Gawie en Willem Naudé, Barkly Oos.
    Koper: Uzziah stoet van Leon Strauss, Luckhoff en Christopher stoet van Christopher Havenga, Petrusville

  • Gemiddelde prys van bulle: R35,273.00

Dragtige koeie:

  • Hoogste prys dragtige koei: R37, 000.00 vir ELS120007
  • Teler: Els Stoet van SP en Fanie Els, Excelsior
    Koper: CD Havenga, Petrusville
    Nuwe SA rekord vir Braunvieh dragtige koei
  • Gemiddelde prys dragtige koeie: R22,200.00

Verse:

  • Gemiddelde prys oop verse: R10, 000.00
  • Gemiddelde prys dragtige verse: R10,000.00

Veiling aangebied deur: GWK Kimberley

Afslaer: Deon Klopper



GEBEURE INDEKS  OPKOMENDE GEBEURE  TERUG NA BO

 - Van links na regs: Mnre SP Els (Verkoper) en Christopher Havenga (koper) Dirkie Louw (hanteerder)

Van links na regs: Mnre SP Els (Verkoper) en Christopher Havenga (koper) Dirkie Louw (hanteerder)

 - Van links na regs: Lizell Strauss, Leon Strauss, Joshua Strauss (kopers) Gawie en Willem Naudé (Verkopers) Deon Klopper (GWK afslaer), Thulang Letsika (hanteerder)

Van links na regs: Lizell Strauss, Leon Strauss, Joshua Strauss (kopers) Gawie en Willem Naudé (Verkopers) Deon Klopper (GWK afslaer), Thulang Letsika (hanteerder)

© Braunvieh SA. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Braunvieh SA.