051 410 0967   E-mail Us  
Veeplaas Braunvieh Stoet

Veeplaas Braunvieh Stoet


VEEPLAAS BRAUNVIEH STOET

Die Braunvieh SA Veeplaas stoet is by die Cedara Landboukollege geplaas. Die oorhandiging van die projek het plaasgevind tydens die Royal Skou te Pietermaritzburg op 2 Junie 2016.

Foto: Daar het ‘n simboliese oorhandiging van ‘n Braunvieh bul aan die kollege plaas, tydens die goue beker parade, en die aankondiging van die projek tydens die funksie na die parade plaasgevind. Mnr Albert Loubscher van Veeplaas ontvang die stoet en oorhandig dit aan Dr Mkhize, Hoof van die Departement van Landbou in Kwazulu Natal.

 


Geagte Braunvieh SA Lid

Die raad wil u hiermee inlig dat die Veeplaas stoet nou by die Cedara Landboukollege geplaas gaan word.

Die oorhandiging van die projek sal tydens vanjaar se Royal Skou te Pietermaritzburg plaas vind op die 2de Junie 2016. Daar vind ‘n simboliese oorhandiging van ‘n Braunvieh bul aan die kollege plaas, tydens die goue beker parade, en die aankondiging van die projek tydens die funksie na die parade. Ons nooi alle telers uit na dié geleentheid.

Die raad versoek dan dat indien u ‘n vers wil skenk vir die projek u so gou as moontlik met myself of Mnr. Gawie Naudé, wat die projek namens die raad ko-ordineer, in verbinding moet tree.

Die Genootskap en skenker lede sal advertensie ruimte, ter waarde van die diere, in Veeplaas kry. Volle besonderhede sal bekend gemaak word sodra die kontrak geteken is. Moet dus nie hierdie geleentheid mis nie

Indien u enige onduidelikheid ondervind, moet u nie huiwer om die kantoor of Mnr. Naudé te skakel nie.

Braunvieh groete
Hans Bester
President

© Braunvieh SA. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Braunvieh SA.